Pa – 12 April 2005

pa is mosterdgeel
die lakens klapperwit
die nurse sjokoladebruin
pa se gesig word londongrys
hande koud soos voorruitys

my hande wil komberse wees,
ek wil die bloed help vloei deur
die are wat platval onder my vingers.
ek wil pa se longe help asem, ek wil my
longe, my hart vir pa gee, ek wil hê die sukkel
moet verby wees pa

Die toiletpapier blomme vol sout en snot
en pa se longslym lê oral soos konfetti
pa se asem raak minder die slym
die slym word meer

: ‘n mens kan verdrink in ‘n teelepel water
of op ‘n medi clinic hospitaal bed op jou sy

ek kan nie help nie.
god weet
en hy wil my nie
help om te help nie
die laaste sug en my
pa is weg

hierdie ou man
se lyk
is nie
my pa
nie.

To quietly slip under

To quietly slip under
Peace and immobility
Held in the warm embrace
Of safety from perpetual motion
All movement is
Suspended
Faint undulations of each dying wave
No more thoughts
No more tears
No more breaking hearts
Invisible
From those you thought loved most
The doubt
The fear
Never enough
Never wanted
Only temporary distractions
Until they leave
Go back
To where they came from
To those they said they didn’t love
Or did
And I
was just a waste of time
Part time amusement
Like a pulled cracker at xmas
Forgotten
Tossed away
A crown left over
You felt like a queen
I still feel
Like

nothing

Some shitty poetry. Be gentle…

1. Ek wens ek kon jou vlerke gee
Om op die wind
Te sweef
Tot daar waar jy
Vryheid vind.

2. CN123
oom jou bakkie se
registrasie nommer
is ‘n wals.

3. My pa was ‘n leeu en ‘n tier
hy is nou ‘n hopie as
en herinneringe
en verlange

4. sag lê my vingers
op jou pols
ek voel jou
bloed wat bruis
onder die toppe
van my vingers
wat sweet want
soms kan ek
jou net nie
meer voel nie.

5. die dood van ‘n plaaswerker

sy seun staan verwese
sy hande vol van
‘n kinder kitaar
nuutblink en
nog styf gesnaar
die ander man spring
van die bakkie af
sy hande vol van
die ou man se slap lyf
met arms wat hang langs
die kniee van ‘n vriend
met die krag van ‘n
bul, hardloop hy met hom
teen die trappe uit
sy grys kop hang
agteroor na die vaalblou lug en
kyk hoe groen is die gras
hoe vol blare die bome
kyk hoe pers en blou en geel
is die blomme
kyk hoe rooi skyn
die son op die rug
van die berg wat staan
en staan en
die mans met blou
pakke kom van die
blou groen hange af
met hande op hul
koppe verwese, skielik
bleek is die bruin van
die songebakte gesigte
die bakkies staan
skeef, nie eens neus
bymekaar, holderstebolder
hardloop ‘n boer en sy dogter
in pienk met ‘n handsak
en wellington boetse met
strak gesigte en
ongeloof, want agter
op die manne met die
blou pakke staan wit
fier letters
vrugbaar.

6. 12 April 2005

pa is mosterdgeel
die lakens klapperwit
die nurse sjokoladebruin
pa se gesig word londongrys
hande koud soos voorruitys

my hande wil komberse wees,
ek wil die bloed help vloei deur
die are wat platval onder my vingers.
ek wil pa se longe help asem, ek wil my
longe, my hart vir pa gee, ek wil hê die sukkel
moet verby wees pa

Die toiletpapier blomme vol sout en snot
en pa se longslym lê oral soos konfetti
pa se asem raak minder die slym
die slym word meer

: ‘n mens kan verdrink in ‘n teelepel water
of op ‘n medi clinic hospitaal bed op jou sy

ek kan nie help nie.
god weet
en hy wil my nie
help om te help nie
die laaste sug en my
pa is weg

hierdie ou man
se lyk
is nie
my pa
nie.

7. ontwei

jy lê jou siel
op ‘n doek
jy lê jou ingewande
bloot vir my oë
om te kyk om
te staar na
jou hart
jou hart wat rooiblou
bons na buite
‘n gevangene
in die tronk
van jou bors
jou maag
jou derms
jou longe wat soos
sponse suig na
asem na rede
om te lewe
om te asem

my kyk lê jou bloot
jy is nou
myne.

8. viking 1.3

ek lees jou lyf se braille
daar is stories onder my vingers

jy vertel vir my stories
in hebreeus
in deens
sweeds
noors

maar jou lyf praat met my hart

9. waai

woorde ontwyk my
nes die liefde

alleen op pad
na waar woorde opdroog

jy het woorde
sit hulle in my mond
of my ore

ek sal na jou luister
tot my hamer, aambeeld en stiebeuel
op seize

maar voordat ek kan doof raak
droog jou woorde op

die laaste sê skarrel onder die agterdeur
uit op ‘n nagbries wat treur
oor die wêreld se pyn

ek verwens hierdie tifoon wat jou
uit my lewe gewaai het

in die vervolg sal ek skuiling soek
voor dit te laat is

10. ek verlang jou in die veiligheid van my arms
ek verlang die ronding van jou heup in die die holte van my hand
ek verlang die reuk van jou in my neus
die sout van jou trane op my tong
die tekstuur van jou vel op my lippe
die ritme van jou hart aan my bors

ek verlang jou
in my hart.

ek verlang jou in die gemeente van my arms
ek verlang die ronding van jou heup in die die holte van my hand
ek verlang die geur van jou in my neus
die sout van jou trane op my tong
die tekstuur van jou vel op my lippe
die ritme van jou hart aan my bors

ek verlang jou
in my hart.